Klassik stel nuwe materiaal bekend aan publiek

Klassik, bekende Swartland musiek groep, gaan op 11 November hulle nuwe plaat, Storietyd, aan die publiek bekendstel. Hierdie is slegs die tweede keer wat Klassik nuwe musiek vrystel aan die publiek na hul eerste album, Weekend Warrior, in 2014 die lig gesien het.

Klassik het die afgelope paar jaar naam gemaak by feeste soos die KKNK en Mootstok én het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos Anton Goosen, Nedin Blom, Dawie de Jager en Klopjag. Bekend vir hulle unieke klank, spog Klassik met meer as 20 oorspronklike liedjies waarvan ‘n handvol van hulle goed presteer het op die Zone Radio Top 40 en die enkelsnit, Man van die Suide, 17 weke nommer een was op die Hosa radio top 25.

Dié geleendheid is oop vir die publiek en kaartjies beloop R50pp. Riebeek Kasteel Restaurant Teater, Die Bruid, Die Pixie en Die Vaalhond, is waar als gaan plaasvind.

Bespreek jou kaartjies by 083 475 9395 fromthetopre@telkomsa.net

Die Bruid, Die Pixie en die Vaalhond het ‘n lieflike “Tapas Menu”, ‘n kontant kroeg en is ingerig vir die hele familie met diere en speelplek om die jongelinge besig te hou. Die hele geleentheid beloof om uit die boonste rakke te wees, so moenie die kans laat verbei gaan nie, boek sommer nou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *