Kom Kuier Saam: Moorreesburg Oesdag 2017

Die Moorreesburg Koringbedryf Museum bied op 2 Desember weer hulle jaarlikse Oesdag aan. Kom geniet opregte plattelandse geselligheid wat ‘n hele lys aktiwiteite insluit:

  • Masjienerie wat gebruik gaan word wat afkomstig is van die vroëe & laat 20ste eeu
  • Esels van Wupperthal op die dorsvloer en voor die snymasjien
  • ‘n Donkiebaler
  • Broodbak demonstrasie / brood verkope / langste brood
  • Stokbrood demonstrasie en kompetisie met chef Tiaan Langenegger (Kokkedoor)
  • Varsgemaalde meel
  • Veteraan Motorfietse
  • Stalletjies met tradisionele kosse en handgemaakte produkte
  • Biertuin
  • Kindervermaak
  • Musiek deur Blackie de Swardt se Boereorkes

Ingang: R20 – Volwassenes

R10 – Kinders & Seniors

Tyd: 09h00

Meer inligting: 022-433 1093

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *