Bekende Swartland Musiek Groep vertel Stories

Marius Smith, liefdjie skrywer en sanger van KLASSIK stel die groep só voor aan hul gehoor: Voeg dan by die resep; die baskitaar, tromme, hoofkitaar en vier karakters, en die unike persoonlikheid wat bekend staan as Klassik kom na vore.

Met hul unieke klank oftewel die “Swardlandshuffle” bestaan hul optredes uit meestal oorspronklikke materiaal. En die songs wat hul wel leen? “As jy grootgeword het in ‘n huis waar die Beatles, CCR,  Laurika, Anton Goosen, David Kramer en AC/DC jou musiek opinie gevorm het, kan jy nie anders as om een of twee van daardie songs op jou manier op te voer nie.”

Wat begin het in die braaikamer saam met pelle en toe later die helfde van die ‘kerkband’, het ontwikkel in ‘n vriendskap en musiekstyl beter beskryf as: “Swardland-shuffle” , “Boere-blues”of “Afrikaanse-Voetsleep”. Verskuil in die soms satiriese lirieke, is daar ook diepe betekenis en emosie ingeweef. Dit is stories van mense, ons mense,  mense soos ek en jy! Luister gerus hoe sanger/verteller, die ritmes van die tromme en die gehuil van die snare die musiek en stories inkleur!

Jy kan op die tafel dans, of op jou stoel sit en met jou voete ‘dans’ soos jy die ritmes volg!

Hulle nuutste werk is onlangs vrygestel en die “EP” staan bekend as Storietyd.

Luister gerus hier –

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *