Gaan geniet Simonsvlei met die hele gesin

Geleë op die R101 (Ou Paarl pad) net buite Paarl is Simonsvlei, ‘n pragtige en indrukwekkende landskap wat jou oog vanaf the hoofpad vang. Die Simonsvlei handelsmerk dateer terug vir 3 eeue vanaf die tyd toe die Franse Hugenote en Hollandse setlaars in die streek gevestig het.

Ons gesin het ‘n kinder verjaarsdag partytjie bygewoon en dit was die perfekte geleendheid om die volle “Simonsvlei” ervaring met my hele gesin te kry. (As die kinders gelukkig is, is mamma en pappa ook gelukkig!!)

Ek was onmiddelik beindruk met die feit dat daar ‘n voltydse kinderoppasser is wat heeldag na die kinders kyk wat op die swaaie en klimrame speel. Die diens was goed, die kos was heerlik en billik! Mens kry regtig ‘n volledige ervaring wat spog met ‘n “A La Carte” spyskaart, Pizzas, ‘n Kinder Spyskaart, Pikniek Platters, “Craft” Bier en Wyn. Die twee laasgenoemde items word op die perseel gemaak en jy kan dit kry teen kelderprys!

Ek kan regtig Simonsvlei aanbeveel vir die families wat ‘n bietjie wil ontspan, lekker eet en kuier. Ek raai julle aan om ‘n bepreking te maak voor julle gaan, aangesien hulle lekker besig is oor  naweke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *