10 Wonderlike sê-goed in Afrikaans

In die platteland praat meeste van ons Afrikaans en ons het ‘n ongelooflike manier om mense en alledaagse goed te beskryf. Hoeveel van hierdie pragtige sê-goed ken jy?

My stomp staan stil en my blare roer nie
‘n Sarkastiese manier om vir iemand the sê: vertel my iets wat ek nog nie gehoor het nie

Soen jy jou ma met daai vuil bek?
Word vir iemand gevra wat kru-taal gebruik om ‘n storie te vertel

Jy’s so skaars soos hoender tande
Wanneer jy iemand lank laas gesien het

Hy het aasvoël-oë
Hy sien iets baie gou raak

Jy sal daarvan kaal afkom
Jy sal aan die kortste ent trek

Al hardloop ‘n leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel
Die waarheid sal altyd uitkom

Die werk is vir my algebra
Ek verstaan dit nie…

Die meisie is so suur soos asyn
Sy is baie onvriendelik

Wie ‘a’ sê, moet ook ‘b’ sê
As jy met iets begin moet jy dit voltooi

Hulle eet nie uit een bak nie
Hulle is nie vriende nie

Daar het julle dit nou! Daar is natuurlik nog vele meer maar ons kan nie als nou hier noem nie. Vertel vir ons in die kommentaar van enige mooi Afrikaanse sê-goed wat jy dalk mee grootgeword het, ons sal dit graag wil hoor!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *