Herlaai Jou Batterye by Mount Ceder

Geleë op die plaas Groot Rivier in die Cederberg, is die ongelooflike wegbreekoord Mount Ceder. Hierdie ongelooflike plek het ‘n ryk geskiedenis wat hier gekry kan word. Ek gaan dit gou probeer opsom:

Die eerste permanente bewoners van dié plaas was 3 Wagener broers wat die eiendom in 1893 gekoop het van ʼn ene Barend Petrus van der Merwe wat die plaas slegs vir weiveld gebruik het. Later koop Carl Christiaan Philip Wagener jr, sy broers uit en word alleeneienaar van Grootrivier.  Hy boer toe met roltabak, vee en ook graan op klein skaal, hoofsaaklik vir eie gebruik. In 1983 word die laaste gedeeltes van die plaas verkoop André en Jaen-Marié Marais nadat dit vir generasies in die Wagener familie was . Boerdery bestaan toe hoofsaaklik uit die verbouing van groente, droog van vrugte en die kweek van uieplantjies. Die koms van Eskom krag in 1986 na die gebied, sorg vir die effektiewer en skoner pomp van water sowel as vir vele geriewe in die huishoudings.

In 2002 word besluit om olyfbome, hoofsaaklik Kalamata, te gevestig en voorbereidings vir die eerste aanplantings in 2003 word gedoen. Vandag is Mount Ceder ʼn bekende en gewilde toerisme bestemming met selfsorg akkomodasie, ‘n restaurant en kampeerplekke. Die olyfboerdery bestaan uit 52.4 ha met ongeveer 22 000 olyfbome waarvan ongeveer 64% reeds in produksie is.

Huidiglik is daar ongelooflike stap roetes wat rotskuns, swem gate, uitkykpunte, rots formasies en vele meer bied. Vir die bergfiets entoesias is daar ‘n groot seleksie roetes wat uitdagende bergpasse asook ‘n roete deur die olyfboorde bied. Snags is daar die mooiste sterrekombers om te geniet langs jou braaivleis vuurtjie.

Ons het in een van hulle chalets gebly en soos julle aan die foto’s kan sien is dit 5-ster luuksheid. Die chalets is volledig toegerus en jy hoef net jou kos, klere en tandeborsel saam te neem (daar is selfs bergfietse by ontvangs wat gehuur kan word!).

20160408_155727-2

Die slaapkamer is toegerus met ‘n kaggel vir die koue wintersdae en die badkamer het ‘n baie gerieflike inloop stort. Dan is daar ‘n volgrote yskas, ‘n gastoof en ‘n binnebraai in die kombuis. Laastens word alles afgerond met goeie braaigeriewe buite met netjiese buite-meubels en ‘n grasperk vir jou gemak as jy ‘n koue enetjie wil geniet terwyl jy wag vir jou vuur om uit te brand.

20160408_155735-2

Moet egter ook nie jouself beperk tot net Mount Ceder se aktiweteite nie, daar is ander interesante plekke om te gaan besoek soos Cederbrew vir ‘n fantastiese seleksie handgemaakte bier asook ‘n vinnige stap na Lot se Vrou en die Stadsaal grotte & rotskuns.

 

Mount Ceder is vir die hele familie en veral vir diegene wat die buitelig en stilte geniet. Die pryse begin by slegs R300 per nag (Kampering) en Mount Ceder spog met top gehalte fasiliteite en gasvryheid.

Kontak hulle vandag!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *