My Swak Hart

Daar’s baie geheime van die lewe, met verskillende interpretasies, van persoon tot persoon…

KLASSIK se geheim van die lewe #001 – Suurstof en Water

Vanselfspekend, daarsonder kan niks leef en groei nie.

Met die volgende twee geheime, kom daar eers ‘n agtergrond storie;

Daar was ‘n jong man wat op die ouderdom van 23 oorsee gaan werk het op passasierskepe in die Meksikaanse Golf en elders vanuit verskeie Amerikaanse hawe-stede.

Met die aanvang van sy avontuur besluit die jong man dat hy sekere dinge wil uitpluis en uitvind. Die eerste ding was om die geheim uit te vind hoe om ‘n meisie “op te chat”.

Op daardie stadium het hy nog net regtig een meisie gehad behalwe vir ‘n paar maande op hoërskool en ‘n kys op laerskool (waaroor hy vandag nog spyt is, en ook die enigste ding waaroor hy spyt is in die lewe). Baie skugter jong mannetjie gewees. Baie skaam vir die skoner geslag. Dit is wel geheim van die lewe #003.

Soos vroeër gedokumenteer in hierdie blog het die jongman wel sy sosiale vlerke goed ontwikkel en baie laat een aand saam met ‘n Ierse kroegman in die bemannings kroeg, die volgende teorie of “geheim van die lewe” letterlik oor gestrompel..#002

KLASSIK se geheim van die lewe #002 – ‘n Gat!

Die tweede op die lys is ‘n gat (ja, jy het reg gelees!), soos in: ‘n gat in die grond en die groen gras groei daar rond!’. Dink daaroor, om lewe te skep (kinders druk die ore toe), wat ‘n man en ‘n vrou doen…..daar is holtes betrokke. Holtes = Gate. Met geboorte, kom die babatjie die lewe binne deur ‘n opening (keisersnit en natuurlik), ‘n gat!

Om te kan sien, moet lig by ‘n gat inkom, die oog. Om te kan hoor moet klank by die oor inkom, ‘n gat. Om te kan eet en drink moet voedsel en vloeistof die mond binnekom, ‘n gat. Om asem te haal moet suurstof deur die neus en mond beweeg. Bloed vloei deur are en as jy sweet kom die sweet by sweetgaatjies uit. Om badkamer toe te gaan, wel nommer 1 of nommer 2 vir almal, het met ‘n gat te doen.

Om deur ‘n muur te sien kyk ons deur ‘n venster, ‘n gat. Om in jou huis, kar, kerk, werk of die bank in te gaan, loop jy deur ‘n gat. Om ‘n deur oop en toe te sluit, druk jy die sleutel in ‘n gat, die sleutel het ‘n gaatjie met ‘n ringetjie daaraan wat jy in jou sak steek (‘n gat).

As jy skoene en sokkies aantrek, jou klere, horlosie of jou selfoon laai, alles is gesentreer om ‘n gat. Iemand vat jou vir n gat as hy met jou die spot dryf, jy maak jou naam gat na te veel tequila, jy val jou gat af, en jy lag jou gat af. Jy voel gat as die Bulle kantlyn toe skop en nie pale toe nie.

Dan, as jy doodgaan, en die lig aan die einde van die tonnel sien (ook ‘n gat), word jy begrawe in ‘n gat of veras deur in ‘n oond met ‘n deur in te beweeg.

So kan mens aangaan, daars baie voorbeelde, daars seker ook uitsonderings, maar die toeval is nogal groot.

‘n Gat vereenvoudig is ‘n sirkel, ‘n sirkel het geen begin en geen einde, ewigdurend, soos die lewe. Dus is die geheim van die lewe, ‘n gat.

Kan dit wees dat hierdie kroeg teorie jou heeldag gaan laat wonder, en gate raaksien?

KLASSIK se geheim van die lewe #003 –My Swak hart

Die jongman se een missie op sy oorsese skiplewe avontuur, was om uit te vind hoe om ‘ ‘n girl op te chat’. Die geheim daarvan het hy baie vinnig uitgevind, maar kan dit steeds nie regkry nie, het darem eenkeer gewerk.

Jy moet net met haar gaan praat! Om teen die kroeg te leun of ongemaklik op die dansvloer te dans en te staar met ‘n glas in die hand help niemand nie, die ergste wat kan gebeur is sy kan jou slaan vir ‘n ses!

Maar omdat dit so maklik is, is dit so moeilik! As jy soos die jongman is, moet jy ook eers genoeg guts bymekaarskraap om met haar te gaan gesels. Daarin self lê ‘n fyn balans, want as jy iets sterks drink om jou te kalmeer en jou tong los te maak, moet jy baie versigtig wees, want daar is ‘n fyn lyn tussen net genoeg, en net te veel. Dan maak jy weer n GAT van jouself!

Die volgende video verduidelik daardie proses baie goed. Die veranderlike wat alles natuurlik beneuk is die bloeddruk van die situasie, soos die stert tussen die bene gevoel van jou hart wanneer die nooientjie daarop trap!
KLASSIK se geheim van die lewe #004, #005, #006… en die lys groei steeds

#004 – Wat kan nie kleiner geoefen of gemaak word nie? Daar is twee dinge wat groot bly al doen jy ook wat, een is jou twee voete…

#005 – Sommige dinge is soos parkeer-meters, kort… onnodig… outdated…

#006 – As daar ‘n klein vlammetjie êrens in die duister flikker, kan jy dit baaaaaaie vêr sien, al is dit ook hoe donker. Dieselfde geld GELUKKIG nie vir ‘n klein donker kolletjie in baie lig nie! Hoop is ‘n moeilike konsep as jy nie meer met die eenvoud van ‘n kind daaroor dink nie.

#00 (sit Jou eie een by) – Gee gerus jou geheim van die lewe in die Comments afdeling of op die KLASSIK facebook blad – https://www.facebook.com/pages/Klassik-Musiek

Gaan lees gerus die ander hoofstukke en vertel jou vriende! Teken in per e-pos en raak deel van Klassik se facebook blad vir kennisgewings van nuwe hoofstukke en optredes. Daar is juis Sondag middag die 29ste Mei in Malmesbury by Die Herehuis ‘n optrede deur Klassik. Meer details sal volg.

Besprekings en navrae kan gedoen word by: spedos76@hotmail.com of via facebook.

Ek noem myself Klassik, en hierdie is my stories.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *