Tyd om Groot te Word

Swartskaap en Santie het op ‘n reënerige Woensdag middag getrou en die onthaal was ‘n reuse partytjie gewees! Skoonpa Herkie se Hilux was vol skeerroom gespuit en met ‘n string visblikke agterna was hulle oppad na Knysna vir wittebrood.

Na die wittebrood het hulle, letterlik, in ‘n huisie met ‘n wit ”picket fence” ingtrek. Santie het haar troetel skilpad wat sy Redbull gedoop het, by haar Ma-hulle se huis gaan haal en alles was perfek van plastiek sonneblom tafeldoeke uit stort gordyne tot sy oupa se ou Philips kleur tv en ‘n neon groen poef van haar tannie Hilda-Marie wat eers in die Kaap gebly het en toe met die skaapboer met die gekneusde kroonjuwele getrou het.

Swartskaap het weer ingeval by “Kewer Mania” en Santie het huis huis gespeel. Sy was eintlik haar pa se admin dame by die skrootwerf, dit was maar Herkie wat haar naby hom wou hê en seker te maak sy het ‘n geldjie om haarself te bederf so nou en dan, en dan kan sy hom help met die lone elke week en tee en koekies aandra vir teetyd, daarna kon sy maak wat sy wil vir die dag. Herkie was erg oor haar.

Haar opgeboude kewer het ook Maandae, Woensdae en Dondedae by die skoonheids akademie gestaan waar sy gaan studeer het om naels en hare mooi te maak. Dit was die “full-package” 6-maade kurses. Dinge was net mooi!

Die aand van Santie se diploma plegtigheid, het Santie swanger geraak! Swartskaap het eers gewonder hoekom Santie eweskiellik so moeilik geword het, die ouens by die werk het hom nogal daaroor gewaarsku, maar toe die vierde stokkie twee strepies wys, was daar groot makietie!

Die eerste enetjie was oppad, en Santie het mooier as ooit vir haar man gelyk! Hy het tot ‘n boek gaan koop oor hoe om ‘n pa te wees, nooit gelees nie, maar ten minste gaan koop! En een aand, toe die nag geluide weer so met Swartskaap begin praat het hy sy kitaar Elaenor nadersleep om die klanke uit te doof, en sit en peins oor die lewe en sy nuwe rol daarin……

Daar in die donker op sy eie, met die nag geluide en sy kitaar, het hy sy eerste verantwordelikheids aanval gekry, die eerste van vele! Hy het besef dat hy sy kommunikasie tegnieke sal moet slyp vir die nuwe klein mensie wat hom gaan Pappa noem. Hy het besef daar is nou groter en belangrikker dinge as net hyself en Santie vir wie hy sal moet omsien. Die genadelose wêreld en sy versoekings het hom dwars in die gesig gestaar! Hy was angs bevange! Hoe sal hy dit hanteer as sy seun of dogter daarin moet verval? Hy self sukkel dan daarmee, en hy is al bestuurder en mede-eienaar van “Kewer Mania”?

Grootword en volwassenheid het soos ‘n berg voor hom gestaan en hy het gesien hoe die skadus daarvan àl nader aan sy voete kruip soos die son van sy jeug daar agter begin sak. Hy het sy wang na die dalende laatmiddagson van sy jeug gedraai, en toe die ander een, en in die gloed daarvan gebaai asof dit die laaste daarvan sou wees. Swartskaap het gewonder of sy vrou en kind sy voete van klei sou raaksien of nie?

Hy het gevoel of sy naam nie meer met ‘n hoofletter geskryf moet word nie, en hy het besef, dat dit tyd is om groot te word!

Maar, die lewe is mos spesiaal vir ons mense gemaak. Daar is altyd ‘n veilige hawe as jy mooi kyk tussen al die rotse en gevare. Santie se oë was die hawe waar hy sy anker kon gooi en hy sy rugsak vol avonture veilig kon neersit en uitpak. hy kon die onvoltooide verhaal van sy lewe daar saam met haar voltooi, en later ok diè van die nuwe Swartskapie daar begin.

hy het haar vertel daarvan, en hulle het besluit om saam groot te word, saam kinders groot te maak.

Die eerste keer wat hy die hartkloppie op die sonar skerm gesien het, was sy tweede verantwoordelikheids aanval, en die ookblik net daarna, het daar ‘n rustigheid oor hom gekom. Die natuurlikke instink van ouerskap het dadelik aangeskakel. Santie en sy ongebore kindertjie was nou sy verantwoordelikheid om te versorg en hy hulle beskerm engel. hy was trots op homself, en Santie ook.

Daardie middag het hy sy eerste verantwoordelikke besluit in sy grootword proses geneem as ouer, en dadelik ‘n Ferrari kar stoeltjie vir die kleintjie gaan koop. hy het ook daardie aand sy eerste les geleer as verantwoordelikke ouer en eggenoot, en dit is om eers met jou vrou seker te maak dit is was sy ook wil hê! Die volgende dag was sy tweede verantwoordelikke besluit vir hom deur sy vrou gemaak, en hy moes die kar stoeltjie terugneem en omruil vir die een wat hulle saam uitgekies het! Die winkel assistant by die baba winkel het net geglimlag, sy het al honderde kere goedere vir dieselfde rede omgeriul! Santie was nou baie meer ingenome het ‘hulle’ keuse!

Nou dat die kinders beitjie groter is, word die storie van die Ferrari kar stoeltjie natuurlik tot vervelens toe oorvertel by die braaivleis vuur terwyl almal se kinders op die buite op die gras speel. swartskaap sê maar net elke keer dat hy ten minste entosiasties was, tot groot vermaak van almal daar. Dit is immers deel van groot word.

Een din wat nie twee is nie, is: swartskaap laaik braai kwaai! Maar meer oor braai in hoofstuk 10! Vir nou kan ons gerus wees dat Swartskaap sy naam nou weer met ‘n Hoofletter skryf.

Hy word nog elke dag groot, hy probeer, is nog nie helemal daar nie, en sal maar altyd so ‘n bietjie van sy onvowasse jeug oorhou.

Ek noem myself Klassik, en hierdie is my stories.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *