Groote Post Old man’s blend. Die ou Staatmaker

Die Groote Post “Old Man’s Blend” wat na die oorspronklike eienaar Peter Pentz vernoem is, het oor die jare ‘n huishoudelike naam geword in wyndrinker kringe. Dit is ook die ‘ou staatmaker’ op elke goeie restaurant wynlys – goeie waarde vir geld!

Die Old Man’s Blend se verpakking is ook onlangs verander en skep ‘n indruk van luuksheid.

So die vraag is nou, is hierdie wyn met hierdie ongelooflike reputasie en pragtige verpakking nog steeds die ‘ou staatmaker’?

Kom ons kyk, ek het die 2015 rooi weergawe wat bestaan uit 50% Merlot, 20% Cabernet Sauvignon, 20% Shiraz en 10% Cabernet Franc geproe.

 

Kleur: Diep helder rooi

Op die neus: Ryp kersies met wit peper en ‘n bietjie tabak en vanielje

Op die palet: Kersies en donker sjokolade wat pragtig afgerond word met elegante wit peper

 

Kos voorstelling: Hierdie is ’n ongelooflike veelsydige wyn. Geniet hom by die braaivleis vuur, op ‘n romantiese piekniek met kouevleise en kaas asook pasta disse met hoender of ander vleis.

 

My opsomming is dus soos volg: Hierdie wyn is en was nog altyd vir my die beste voorbeeld van wat ‘n goeie waarde vir geld  wyn moet wees.  Teen R65 per bottel by die Kelder in Darling is dit absoluut nog my ‘ou staatmaker’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *